
=====================================================================
Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans

---------------------------------------------------------------------
Bertie du Plessis gee die feite rakende die transformasie van die Stigting vir Afrikaans tot die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.

Einde Oktober verlede jaar het die Dagbestuur van die Stigting vir Afrikaans my gevra om 'n ondersoek te doen na die bemarking van 
Afrikaans. Een van die sake waaraan ek spesifiek moes aandag gee, was die beeld (die sogenaamde "branding") van Afrikaans. Oor hierdie deel 
van die ondersoek het ek reeds in die meningsblad Insig (Augustus) geskryf.

Die tweede deel van my opdrag was gerig op die Stigting self. Ek moes die Stigting meet aan die hand van die bemarkingskonsep wat ek 
geformuleer het in die eerste deel van die ondersoek, en voorstelle aan die hand doen hoe die Stigting by die eise van die tyd kan aanpas.

My bevindinge het talle positiewe aspekte van die Stigting se werksaamhede bevestig. In my verslag, Oorgang, som ek dit s op:

* Die trots van die SvA is sy geletterdheidswerk. Hier is eerlike werk op grondvlak gedoen. 'n Mens wil graag meer kordinasie sien met 
ander projekte en ook ho impak in stedelike gebiede. Maar hier het die SvA 'n verskil gemaak aan mense se lewens waar die Regering nie kon 
bykom nie.
* Die Afrikaanse Ekspo is eweneens 'n puik projek. Mev. Henritte du Toit het hoogstaande werk gelewer. Dit is prakties, daar was groei, 
die resultate is sigbaar en meetbaar. Sekere inhoude van die projek kan aangepas word om by nuwe doelstellings te pas.
* Op die moeisame weg van buitelandse befondsing, waar vordering altyd moeisaam is, begin die vrugte van kundige insette nou blyk.
* Die onderwysinisiatiewe toon belofte.
* Die ekonomiese geletterdheid sal in die jare wat kom, nog belangriker word.
* 'n Mens is verstom deur die ywer en opoffering waarmee medewerkers teen min en soms geen vergoeding werk nie.
* Die vaste personeel het almal 'n buitengewone passie vir hul werk.


Afrikaans Vandag het veral in die skakeling met die buiteland waardevolle diens verrig. In Stoepstories is 'n belangrike bydrae gelewer tot 
die Afrikaanse feeste.

Hierdie goeie werk kan deur niks ongedaan gemaak word nie, maar ons leef in 'n wreld wat haas elke dag nog vinniger verander. Die 
ekonomiese en politieke landskap van Suid-Afrika het ingrypend verander sedert die Stigting in 1992 tot stand gekom het. Daarom die 
noodsaak om gefokus die uitdagings van nou en die nuwe eeu aan te pak.

Die eise van die tyd stel die volgende kritieke eise aan die bre gemeenskap van sprekers van Afrikaans:

* Afrikaans moet jong mense kan vermaak.
* Afrikaanssprekendes moet invloed in regeringskringe h.
* Afrikaans moet 'n puik, relevante en aantreklike opvoedings- en onderrigmedium wees.
* Daar moet Afrikaanse rolmodelle uitgebou word.
* Die gedeelde taal moet vir bruin en wit Afrikaanssprekendes belangriker wees as godsdienstige of politieke verskille.
* Aksies moet die elite sowel as die bre massa taalgebruikers bereik.
* Daar moet nie ekonomiese nadele wees vir Afrikaanssprekendes om hulself as Afrikaans te identifiseer nie.


Hierdie sewe punte is van belang vir almal wat in die taal belangstel en op die een of ander manier daarby betrokke is. Maar alles kan 
seker nie die aandag kry van 'n enkele organisasie of instelling nie.

Een van my belangrikste bevindings was dat die sogenaamde "handhawings-" en "bemagtigingsaktiwiteite" nie suksesvol in een organisasie 
saamgaan nie. Dit hang saam met die feit dat swart en bruin gebruikers van Afrikaans meer besorg is oor bemagtiging en baie minder 
entoesiasme toon vir 'n handhawing volgens ou styl.

Daarby kom die feit dat ek min kwessies tegekom het wat onder die swart en bruin gebruikers van Afrikaans meer ergernis veroorsaak as dat 
hulle ter wille van die getalle bygehaal word in die taaldebat. Die invloedryke en gerespekteerde Jakes Gerwel het dit nog onlangs weer 
skerp gestel in sy artikel op LitNet onder die titel "Stemvee". Bogemelde artikel se naam word op LitNet se werf aangegee as "taalvee", en 
word gehuisves op hul Taaldebat-bladsye. Dis 'n onderhoud tussen prof Gerwel en Marguerite Black.

'n Derde belangrike oorweging was dat die SvA meer moeite gehad het om befondsing vir handhawingsaktiwiteite te kry as vir 
bemagtigingsaktiwiteite. Dit lyk asof dit in die toekoms nog meer in hierdie rigting gaan neig.

Die belangrikste aanbeveling ten opsigte van die Stigting het dan ook uit hierdie bevindings gespruit. Die Stigting vir Afrikaans behoort 
omvorm te word tot 'n bemagtigingsorganisasie. Die voorgestelde nuwe naam is: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, afgekort na die 
SBA. (Indien iemand met 'n nuwe, blink, pittige formulering vorendag kom vir 'n naam, kan ons dit nog altyd oorweeg!)
---------------------------------------------------------------------

---------------------------------------------------------------------

Simbole vir die nuwe organisasie

Leuse: Ons maak deure oop met Afrikaans.

Visie: Ons sien alle mense in hierdie land ontluik, ontwikkel en hulle ten volle uitleef deur medium van Afrikaans.

Missie: Ons bevorder Afrikaanssprekendes se uitdrukkingsvermo, lewensvaardighede en selfverwesenliking deur Afrikaans.

Waardes:

* Ons glo taal is in diens van mense, mense is nie daar ter wille van 'n taal nie.
* Ons glo aan 'n vennootskap met die ander inheemse tale in Suid-Afrika. Ons het 'n passie vir die onderwys.
* Ons bevorder verskillende vorme van Afrikaans.
* Ons gee voorkeur aan 'n bre basis van deelname, eerder as 'n klein groepie toppresteerders.
* Ons is geesdriftig oor 'n demokratiese Suid-Afrika.


Sleutelsuksesgebiede vir die SBA is:

* Verbeter die vermo van agtergeblewe Afrikaanssprekendes om 'n beter posisie vir hulle in die werkplek te beding.
* Die gehalte van onderrig in en deur Afrikaans op skool en daarmee saam die gehalte van veral IT-onderrig en Engelse onderrig by 
Afrikaanse skole.
* Die skep van 'n sukseshorison vir sprekers van Afrikaans.
* Veral jong gebruikers van Afrikaans moet Afrikaans ontdek as 'n ekspressiewe medium.
* 'n Vennootskapsverhouding met die ander inheemse tale in Suid-Afrika.


Ek sal nog graag heelwat wil s oor die programme wat ons op die organogram aandui, soos die rolmodelprogram en die musiekmentorprogram. 
Maar die ruimte ontbreek vir eers. Hou egter ons eie webwerf (http://www.afrikaans.com) dop, sowel as LitNet, waar ek heelwat gaan skryf 
oor ons planne. En as ons gelukkig is, gaan die dagbladpers ook iets te skryf h!

Die heel belangrikste is dat daar stabiliteit en kontinuteit is in die organisasie; dat ons 'n stewige koers vorentoe behou; dat ons 
donateurs kan weet dat hulle met vertroue in ons kan bel omdat ons toon dat ons die eise van die tyd verstaan.

Ek wil graag persoonlik vir dr. Karel Prinsloo bedank en gelukwens met sy nuwe aanstelling en die uitdagings wat hy tegemoetgaan om die 
nuwe SBA te laat voortbou op die ou SvA, waarin hy self soveel van sy eie energie en idealisme gestort het. Dankie, Karel.

Maar ook dankie aan die hele personeel van die SvA, prof. Flip Strydom soos ons hom ken, me. Hester Morkel, me. Anneke van Niekerk, me. 
Jenny Scholtz, me. Cecelia Malan en al die medewerkers.

Ek self is aangestel om van die belangrikste aanbevelings te implementeer as waarnemende uitvoerende hoof tot einde April 2001. Ek sien 
saam met al ons lesers uit na 'n opwindende nuwe era waarin die klem sal val op alle sprekers van Afrikaans en hulle bemagtiging. SBA se 
posadres: Posbus 5201, Kaapstad 8000; e-pos: jscholtz@afrikaans.com; tel: +0927 (0)21 406 3723, faks: +0927 (0)21 406 2935.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av741.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Bl 2 Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat:Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

